Besoek My Mark Verskaf aan ons mark

HandeVat is nie bloot nog ń aanlynwinkel nie. Ons is ń familie-georiënteerde gemeenskapsplatvorm met die doel om daadwerklik n verskil in lewens te maak. Teen n agtergrond van toenemende werkloosheid en die rippel-effek daarvan, word besighede, verskaffers en verbruikers al meer genoodsaak om buite die “boks” te dink… Dit is juis hier waar denkwyses kreatief en oorspronklik moet wees om bestaande geleenthede te benut en nuwes te kan ontgin.

Hoe en waar het dit begin:

Met die uitbreek van n wêrelwye COVID 19-pandemie in 2019, het die 16-jarige Wedrich Wessels en sy gesin eensklaps dieselfde inperkingsfrustrasies beleef as miljoene ander. As gevolg van die streng maatreëls kon hy as leerder aan Paul Roos Gimnasium nie sy passie as krieketspeler uitleef nie en was genoodsaak om homself, soos vele ander jongmense, op ander maniere besig te hou.Met dryffeer sy besorgdheid oor sy medemens in nood en sy passie vir beide liefdadigheid en entrepreneurskap, besluit Wedrich om HandeVat te stig as ‘n geleentheid om individue en gemeenskappe te help wat hul unieke vaardighede en kennis as tuisteskeppers wil bemark.Daardeur kon hy vir diegene wat hoop verloor het n geleentheid skep tot herontdekking van hul waardigheid deur persoonlike en ekonomiese bemagtiging, terwyl dit vir ander bloot nog ‘n geleentheid sou bied om bewussyn van hul kunswerke en produkte te bevorder.

Wat HandeVat doen:

As aanlynwinkel is die doel om ‘n platvorm te skep vir handelaars wat hul produkte grotendeels by informele markte verkoop. Ons bied dan geleenthede aan skeppers van topgehalte hand- en tuisgemaakte produkte en dienste om ‘n groter mark en afset te bereik; ook met die visie om nog verdere werkskepping te bevorder. Die sorg, kundigheid en persoonlike aandag wat in die skep van ons produkte gaan, verseker dat produkte vir sommige verbruikers n herinnering aan n vroeëre lekkerte of nuwe gunsteling is, terwyl dit vir ander bloot goeie, unieke kwaliteit produkte is wat nie op winkelrakke beskikbaar is nie.

‘n Boksie nuwe hoop

HandeVat streef daarna om eksklusiewe, maar bekostigbare produkte van hoë-gehalte te lewer. Wanneer n produk by ons bestel word, is dit soveel meer as net ń bestelling – dit is handewerk en idees van klein en tuis-entrepreneurs en kunstenaars van enige ouderdom,wat ‘n nuwe of veredere geleentheid kry om n inkomste te genereer en wat deur hul vindingrykheid, kennis en vaardighede nuwe en bestaande markte ontgin om sodoende menswaardigheid en gesonder ekonomiese omstandighede te bou.Ons moet saamstaan en probeer terugwen wat die pandemie by soveel geneem het.Wanneer ‘n insiatief soos Handevat ondersteun word, reik koper en verkoper op n baie persoonlike manier na mekaar uit.Spandeer dus tyd deur op ons aanlynmark te kuier, maak kennis en lees oor mense en hul stories in gesinne en gemeenskappe wat deur hul kreatiwiteit, handvaardigheid en passie “pronk-goed” maak en nuwe, interessante paaie inslaan…

‘n droom sonder ‘n datum bly ‘n droom…